Sunday, April 09, 2006
Daytrip na Akaroa 1
Ons het een Sondag (26/03/2006) sommer so daytrip gemaak na 'n paar van die kusdorpies hier om die skiereiland. Die hele skiereiland was ook 'n vulkaan gewees, moeilik om te glo want die dag was vrek koud. Die foto hier bo is van Governor's Bay. Mens dy oor die heuwels (of berge as jy van die Vrystaat af kom) met Dyers Pass, daar is verskriklik baie mense wat elke Saterdag en Sondag (dalk ander dae ook, maar ons was nog net Saterdae/Sondae daar) op ry met 'n fiets, draf of ons opsie - stap (wat ons toe ook die volgende Saterdag gaan doen het).
Hierdie foto wys Lyttleton so aan die linkerkant bietjie dieper in. Baie mooi gedeelte en daar is ook heelwat duur huise daar.
Nog 'n foto van Governor's Bay.
Hier is 'n foto van ons, en ja dit was koud.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment