Tuesday, April 18, 2006
Daytrip na Greymouth 4
Daar is so 'n lang tonnel/grot net so onder waar die vrou gestaan en skulder het. Dit vorm basies 'n tonnel, deur die sandsteun. Mens kan deur die hele tonnel en grot klim/stap, maar mens moet 'n flits (of 2) he, want dit neem blykbaar so 2 uur. Jy stap ook op party plekke so halflyf deur die water, en ons het besluit dat ons dit wil doen maar definitief in die somer.
Daar in die linkerkant van die foto kan mens sien wat New Zealand se grootste probleem is... Hulle tieners met blikkies verf.
Die water is verskriklik helder, nie net die wat by die grot uitvloei nie maar ook die wat in die rivier vloei. Die hele rivier bedding is vol klippe, so ek reken dit tel nie baie grond op soos die water spoel nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment