Tuesday, April 18, 2006
Daytrip na Greymouth 3
Hier het ons nou al redelik hoog op in die berge begin ry, sodra jy dink jy begin nou hoer kom dan sien mens net nog meer berge in die verte.
Die pad was darem nie te besig nie, daar was karre maar dit was nie te erg nie. Geen trokke op die pad nie, ek reken hulle werk nie op paas naweek nie. New Zealanders is nogal erg op die hele paasnaweek ding, nie dat hulle oor die algemeen gelowige mense is nie. Almal se "Happy Easter" maar vir hulle gaan dit meer oor chocolate eiers as enige iets anders. Ons het nie te veel chocolates geeet nie, die spasie vir uitbreiding raak nou min.
Daar onder is 'n ou tannie wat vir die dag hier kom sit en skulder het. Orals waar mens hier ry staan daar klomp karre soos die mense nou vir die dag deur die bosse en veld "tramp", dis nou die algemene term hier vir stap. Natuurlik staan hulle karre die heeldag daar alleen en is nogsteeds daar...
Dit klink my die ski-oorde begin so Junie oop te maak en is dan vir 3 maande oop. Hulle se ook dat Christchurch se populasie heelwat toeneem oor daardie tyd. Die naaste ski-oord aan ons is so 100Km so ons beplan om maar eenkeer so combo te koop wat lesse insluit vir so paar uur en dan kan jy op jou eie gaan val.
Die rede dat hulle die oorde eers so laat oopmaak is sodat daar 'n behorlike dik laag sneeu moet wees, nou nie dat ek kan getuig van die tipe van goed nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment