Sunday, April 09, 2006

Daytrip na Akaroa 2

Hierdie is vanaf Governor's Bay, en daai heuwel is die waar oor mens ry die gedeelte.


Almal hier het seiljag al is dit net 'n kleintjie, soos Lucas Maree nou sou se.


Hierdie is maar ook net so klompie huisies. Daar is heelwat sulke plekkies hier om die skiereiland, die gedeelte is redelik beskud van die suidoostewind wat blykbaar BAIE koud is.


Die lama. Die was naby Pigeon's Bay langs die pad. Die lama het met 'n spoed aangehardloop gekom en baie histeries begin raak nes 'n hond nou sou. Andri het uitgespring om hom te voer maar toe hy op sy agtervoete staan het sy baie vinnig in die kar terug geklim, soos hy daar staan is sy kom reeds so hoog soos 'n mens sin. Met bietjie moetivering het sy toe weer uitgeklim om hom gras te voer. Die ding was baie oulik, en ons het toe net daar besluit ons wil ook eendag 'n lama he. Posted by Picasa

No comments: