Tuesday, April 18, 2006
Daytrip na Greymouth 7
Ons het toe sommer by 'n afraaipad ingedraai om toe te kyk hoe hoop ons nou kan opry met die berge. Die eerste gedeelte het maklik gegaan, maar later het die pad so begin zig-zag op, en dis toe nou daar wat ek moes driepunt draaie maak om om die draai te kom. Nou gelukkig het ons toe nou 'n 4 x4 gehad (al is die net 'n kleintjie soos Lucas dan nou sou se) so ons was nie bang nie, wel nie in die begin nie.
Die pad was redelik rof, en baie styl af lang die kant. Die fotos hier wys nou nie eintlik regtig hoe styl nie. Ons het in die foto hierbo deur daardie bos gery, en dus toe nou daar dat ons verby motorfietse gery het wat daar staan, ek reken dit moes sekerlik 'n teken gewees het dat mens nou nie eintlik verder as dit moes gaan nie, maar nou ja so ry ons toe aan. So 80m verby dit het ons basies langs 'n afgrond gery en op los klippe. Toe die kar nou begin spin het en die diff lock was aan, het ek nou maar besluit dat dit seker nou eers hoog genoeg was. En daar moes ek nou 80m langs 'n afgrond reverse, en die pad lyk heelwat smaller in die tru-spieeltjies as die windskerm. Maar so paar minute en 'n klompie gebedjies is ons toe darem by 'n plek waar ons 'n 88-punt draai kon doen. Ons het toe omtrent hoer waar die foto hier bo geneem is gestop.
Nou omdat ek van Afrika af kom en omdat die wit goed so skaars is daar, (ek praat nou van sneeu en het niks anders bedoel nie...) moes ons toe nou tot by die sneeu lyn klim. OK vir die mense wat nou al in Kanada was die bietjie ys wat al daar is.
En ja dit was heelwat meer effort as wat my hart verwag het. Baie van die berge hier lyk asof dit gruishope is, een deel groei daar plante en dan lyk dit net kompleet of die berg begin wegbreek en sien mens net klomp gruis wat besig is om so stadig aan af te sak.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment