Tuesday, April 18, 2006

Daytrip na Greymouth 2


Dit was gelukkig 'n baie lekker dag en daar was geen wolke nie, dus kon mens lekker ver sien.


Hierdie fotos is soos ons oor die Canterbury vlaktes gery het, almal is maar boere hier.


Ek reken hier is nie sulke groot plase soos in SA nie, meestal is maar seker so 200Ha of so.


Mens gaan so stadig al hoe hoer op in die berge so mens voel dit nie so vinnig nie. Christchurch is die plek waar dit die minste reen in New Zealand, ook een van die redes hoekom ons hier wou kom woon het. Die reenval is so 620 mm per jaar, wat vergelyk met Pretoria. Dit is wel 'n winterreenval gebied, met die meeste reen van glo in herfs en lente val. Dit het maar nog baie min gereen, vandat ons hier is. Die dae wat dit gereen het was dit maar amper soos misreen, ek het ook nog glad nie donderweer gehoor nie, iets wat mens BAIE in Gauteng gekry het. Posted by Picasa

No comments: