
Ons het basies met ons tasse, 2 rekenaars, 2 kampstoele, 'n mikrogolfoond en 'n stofsuier die huis ingetrek. Moes toe nog 2x ry vir ons groot trek.

Ek het die sondag toe vir my 'n tafel en stoel gaan kry om op te werk. Ek gaan my werksplek eintlik onder maak as ons meubels eers kom, maar nou laat dit die huis darem ophou weergalm.

Dinsdag het ons vir ons banke gaan koop, wou eintlik net een gehad het omdat ons banke vanaf SA nog oppad is, maar dit is toe 'n close-down sale en ek moes die stel vat, darem 'n goeie prys betaal vir dit. Ek weet dit lyk baie deurmekaar, maar dus net 'n illusie dat die huis nie so leeg moet lyk... Oja en sien julle ons kagel an die linkerkant, of "Log Burner" soos hulle dit hier noem, hy werk nou hard.

Ons het die Vrydag wat ons in gestap het (mens kan dit nie regtig trek noem nie) vir ons 'n bed gaan koop. Hulle het die raam nie in stock gehad nie, dus het hulle vir ons 'n loaner kom aflewer en het ons die vlge Woensdag ons bed gekry. Moet asb nie ons bedbokse miskyk nie :-) die budget laat nie bedkassies op die staduim toe nie. Lekker groot Kingsize sodat Andri my nie meer so maklik kan skop in die aande nie.

No comments:
Post a Comment