Monday, March 20, 2006

Ons is in Singapore se lughawe


Singapore se lughawe... Al wat ek kan se is daai mense verstaan wat is diens .

Hier het ons begin, sit met 'n kaart van die lughawe en probeer uitvind waar ons is, en die plan van aksie uit te werk vir die dag. Agter my is die orgidieetuin in die lughawe, baie mooi. Die lughawe is amper soos 'n winkelsentrum, ek dink hulle het nogal baie mense wat in transit is en moet 'n manier kry om te sorg dat die mense Singapore Airlines gebruik, en hulle kry dit goed reg.

Net hierna het ons gaan geld trek, handbagasie gaan inboek vir die dag en ons toer vir die dag gaan reel. Ons het 'n gratis shuttle tot in die stad gekry en het toe daar kaartjies gekoop vir 'n hop-on-hop-off bus. Weereens omdat ons Singapore Airlines gevlieg het het die hele bus vervoer vir die dag ons net $3 pp gekos (ongeveer R16). Jy kry ook heelwat afslag op hotelle as jy Singapore Airlines vlieg. Hulle doen regtig moeite om dit lekker en maklik vir mense te maak.

Kan dit sterk aanbeveel vir enige iemand! Volgende keer as ons daar verby gaan sal ons 2 dae of so oorbly. Posted by Picasa

No comments: