Saturday, March 25, 2006
Ons is in New Zealand
Ons het so 11h30 die oggend geland. Ons het ons "Permanent Resident" stamp in ons passpoorte gekry en gaan wag vir ons tasse. Ek moes 'n rekenaar en skerm ook saam oorvat vir my werk en moes dit in ons bagasie inboek, ek het gestaan en wonder terwyl ons wag vir ons tass om te kom of Sipho by Jhb Int nie dalk gedink het dat hy so PC kan gebruik nie. Wel vandag was ons gelukkig, alles het in eenstuk uitgekom en alles was nog mooi geseel. Nou New Zealand is BAIE streng oor hul natuur, dus moet jy nie probeer om kos of enige iets anders wat kan siektes dra in te bring nie. Hulle het 'n brakkie sommer net daar waar jy jou tas kry wat so hier en daar snuffel, hulle het sommer vinnig 'n tannie daar vasgetrek. Daarna gaan jy met jou tasse in 'n ry waar 'n ander oom jou vormpie vat jou in die oe kyk en vra het jy biltong (siende dat ons SAers)? Hulle het nie gekla oor Andri se Rooibostee (Nog by Zelma en Andre gekry) nie, dis OK. Ons het toe darem eerlik gelyk en ons is na die ry toe gestuur wat nie hul tasse hoef uit te pak nie en as ek kyk na hoefveel plekke daar was reken ek hulle pak baie mense se tasse uit.
Trevor en Hazel (Suid-Afrikaners) was so gaaf om ons by die lughawe te kom oplaai en ons Backpackers in Sumner toe te vat. Dit was HEELWAT koeler as in Singapore, nogals 'n verligting. Oppad na die backpackers het ons gou by 'n sentrum gestop en 'n Vodaphone starter pack gekoop, dat ons weer kan kontak he met die mense. In die foto hier bo is ek besig om die ding in te sit. Ons het daar agterkom dat die foon se battery net so pap soos ons was. Ons moes toe eers 'n adapter gaan koop en in Sumner is daar nie baie winkels nie, kon eers die volgende dag. Ons het toe maar gaan brood en melk koop en bietjie langs die strand gaan rondloop, verbaas dat die mense met kortmouhempde rondloop, ons was natuurlik gepanser met 'n triu en baadjie. Die aand het ons maar vroeg gaan slaap en vir die volgende paar dae het ek elke oggend 3h00 wakker geword, kan dit nie regtig verstaan nie want dit is dan 16h00 in SA so dit is nie heeltamal my opstaan tyd nie. Dan weer ek het altyd 16h00 huistoe gegaan na werk, so dalk het ek eers wakker geskrik daai tyd van die dag, laat mens dink ne?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment