
Hier saan Andri ewe braaf voor haar nuwe werksplek. Dis net so 2 blokke van die "City Exchange" waar al die busse bymekaar kom.

Cathedral Square - Die bekendste foto van Christchurch. Die is in die middel van die middestad. Die engelse setlaars het Christchurch begin en het probeer om 'n tweede Engeland hier te vorm. Daar is heelwat van hierdie grys geboue.

Die eerste indrukke van die stad is dat dit maar vaal is, baie soos London. Tog toe ons land het die Caterbury vlaktes mens nogal baie aan die Vrystaat laat dink, baie plat en vol landerye. Christchurch self is seker bietjie groter as Bloemfontein. Daar is heelwat huise wat oud en vervalle is, en dan is daar maar weer huise wat soos kastele lyk. Die Maori's waarmee ons al te doen gehad het is baie vriendelik. Die middestad het ook nogal baie oosterlinge.

Ons het toe die res van die dag, maar Christchurch per bus verken. Christchurch is omtrent so 25km in deursnit, dus darem nie te groot nie. Die spoedgrens is 50km per uur in die stad. Mens voel nie regtig die verskil nie, omdat dit maar die spoed is. Die karre is oor die algemeen ouer modelle, die meeste karre word 2de hands vanaf Japan, Singapore ens ingevoer. As karre ouer as 3jaar is moet die karre elke 6 maande 'n warrent of fitness (of WOF soos hulle hier se) kry. Dus al die karre is padwaardig, en mens sien baie min gestampde karre.

No comments:
Post a Comment