
Hierdie was in die Suntec Mall. Daar is 'n klomp GROOT koi visse in die dam, van hulle was hier by die 60-70 cm lank.
Singapore het verskriklik baie winkelsentrums, so ek dink as mens nou baie geld het (die kategorie waarvoor ons nou nie kwalifiseer nie) kan jy regtig lekker baie "shop". Die goed is darem nie duur nie, veral nie elektroniese goed nie.
Het ek gese dat dit vrek warm was daai dag? Die was basies ons laaste stop voor ons terug was lughawe toe, die toeriste sentrum het vir ons 'n stort voucher gegee die oggend (dalk 'n skimp?) so ons het gou gaan stort iets gekry om te eet. Toe was ons gereed vir ons eindbestemming.

No comments:
Post a Comment