Monday, March 20, 2006
Die groot koebaai met trane.
En ja toe is ons nou op die lughawe, sommer net so. Moes mooi pak om alles in te kry, 30 kg per persoon is nie baie nie (dit sluit nog 10 kg in wat Singapore Airlines vir ons gegee het omdat ons nie net gaan kuier het nie). Gelukkig weeg hulle nie handbagasie nie, en met 17kg elk in ons hande het ons toe mos op die vliegtuig geklim.
Totsiens se is moeiliker as wat mens dink, tog maak mens dit moeiliker as wat nodig is. Dit voel so finaal (ek dink veral die eerste keer) maar dit hoef nie te wees nie. Ek dink die realiteit van dit is nou dit en die feit dat daar is nou niks meer wat mens kan doen nie (soortvan stress verligting) maak dat mens maar hartseer word. So wat ek eintlik se is, ons het lekker getjank!
Maar ons is deur doanne en is vier keur heen en weer gestuur omdat ACSA nie kon besluit by watter hek ons op die vliegtuig moes klim nie. Uiteindelik het ons 'n hek gekry en ja dit was die heel laaste een op die verste punt van die lughawe. Moet ook asb nie vergeet dat ons 'n stewige klomp handbagsie gehad het nie. Maar van waar Singapore Airlines oorgevat het was alles lekker en vinnig. Die vliegtiug was darem nie te vol nie, dus het ons 'n 3 sitplek tussen die 2 van ons gehad.
Daar is ons toe nou uit Afrika uit...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment