Tuesday, April 18, 2006
Daytrip na Greymouth 15
En toe is ons aan die anderkant van die land, sommer net so. Ons het net vinnig vir by die strand gestop, en toe moes ons terug gaan huis toe.
Die hele strand is vol sulke pebbles. Ons bure het ons vertel dat dit baie gevaarlik is om aan die kant van die land te swem omdat die land maak 'n breek hier, en dit raak sommer vinnig baie diep, iets soos 'n afgrond in die see.
Hierdie was die maan oppad terug, weer verby Athur's Pass. Ons het die trippie baie geniet, ons sal net volgende keer oorslaap iewers, maar die was ook pret!
Daytrip na Greymouth 14
So op hierdie foto's lyk die gras nogal groener aan die kant van die wereld...
Hierdie was 'n Scenic Tourist drive om "Lake Brunner", orals hier langs die pad was daar sulke plase. Die beeste en skape wat daarop was, was natuurlik spekvet. In New Zealand kom daar ook net 10% van die wereld se vee siektes voor. Ek reken dit is seker maar een van die redes hoekom hulle so streng is om diere hier in te bring.
Hierdie is by "Lake Brunner", Dit is basies die kring wat ons gery het soos aangedui in die eeste post van hierdie daytrip.
Dit lyk nogal heel lekker om 'n huis hier te he, ons was gelukkig en het glad nie reen die dag gekry nie.
Daytrip na Greymouth 13
Daytrip na Greymouth 12
Ons het so vinnig by die Bealey Hotel gestop. Die is basies maar die natuur om die hotel.
Voorbeeld van 'n Moa, die voel was glo so 3meter hoog. Die voel het so 400 jaar gelede uitgesterf.
Die gruis in die foto is 'n rivierbedding en geduurende die lente wanneer die sneeu op die berge begin smelt dan raak die riviere vol. Dus nou wanneer die kiwi's hul ski's in die kas sit en dan die kayaks vat en in die rapids rond jaag.
Daytrip na Greymouth 11
Daytrip na Greymouth 10
Sommer net nog fotos oppad terug na die grootpad.
Hier het die plategroei alreeds bietjie begin verander. Die oos en die weskus verskil verskriklik baie in terme van plantegroei. Soos ek al gese het is Christchurch se reenval so 620mm 'n jaar, Greymouth sin is 15000 mm 'n jaar, vir die wat bietjie wiskundig gestremd is, dit is 15meter reen 'n jaar, wat so hoog soos 'n 5 verdieping gebou is.
Daytrip na Greymouth 8
Daytrip na Greymouth 7
Ons het toe sommer by 'n afraaipad ingedraai om toe te kyk hoe hoop ons nou kan opry met die berge. Die eerste gedeelte het maklik gegaan, maar later het die pad so begin zig-zag op, en dis toe nou daar wat ek moes driepunt draaie maak om om die draai te kom. Nou gelukkig het ons toe nou 'n 4 x4 gehad (al is die net 'n kleintjie soos Lucas dan nou sou se) so ons was nie bang nie, wel nie in die begin nie.
Die pad was redelik rof, en baie styl af lang die kant. Die fotos hier wys nou nie eintlik regtig hoe styl nie. Ons het in die foto hierbo deur daardie bos gery, en dus toe nou daar dat ons verby motorfietse gery het wat daar staan, ek reken dit moes sekerlik 'n teken gewees het dat mens nou nie eintlik verder as dit moes gaan nie, maar nou ja so ry ons toe aan. So 80m verby dit het ons basies langs 'n afgrond gery en op los klippe. Toe die kar nou begin spin het en die diff lock was aan, het ek nou maar besluit dat dit seker nou eers hoog genoeg was. En daar moes ek nou 80m langs 'n afgrond reverse, en die pad lyk heelwat smaller in die tru-spieeltjies as die windskerm. Maar so paar minute en 'n klompie gebedjies is ons toe darem by 'n plek waar ons 'n 88-punt draai kon doen. Ons het toe omtrent hoer waar die foto hier bo geneem is gestop.
Nou omdat ek van Afrika af kom en omdat die wit goed so skaars is daar, (ek praat nou van sneeu en het niks anders bedoel nie...) moes ons toe nou tot by die sneeu lyn klim. OK vir die mense wat nou al in Kanada was die bietjie ys wat al daar is.
En ja dit was heelwat meer effort as wat my hart verwag het. Baie van die berge hier lyk asof dit gruishope is, een deel groei daar plante en dan lyk dit net kompleet of die berg begin wegbreek en sien mens net klomp gruis wat besig is om so stadig aan af te sak.
Daytrip na Greymouth 5
Die rivier bedding is al lekker diep uitgespoel, deur al die jare.
Die grot van buite.
Miskien dalk net so vir interresantheid. New Zealand het GEEN soogdiere gehad voor die eerste mense hiernatoe gekom het nie, behalwe vir 3 spesies vlermuise. New Zealand het ook GEEN slange of skerpioene nie. Daar is ook tot vandag nog geen diere in die wildernis wat mens kan aanval nie, wel dalk miskien 'n honger krimpvarkie. Die rede dat hier eintlik geen roofdiere vas nie is ook die rede hoekom meeste van New Zealand se voels nie kan vlieg nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)