Net so 20 km verder vanaf Mount Cook is die Tasman gletser. Die gletser vloei in 'n meer in.
Daar is sulke groot ys blokke in die meer. Nogal 'n diep blou.
Die gruis is eintlik alles deel van die gletser. Die gletser is nogal groot maar dit alles lyk net soos gruis.
Mens kan met kayaks op die meer na die gletsers toe gaan. Die water is so snaakse grys kleur so dit lyk nogal heel aardig met die geel kayaks. Mens kan ook nou sien hoe groot daardie blokke ys is.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment