Thursday, May 07, 2009

April vakansie

Ons het in April vir so 2 weke rondom die Suid-Eiland getoer. Ons het in vakansie huise en vakansie parke gebly - tipe van cabins.

Ons het begin by Lake Tekapo (B) - daar gebly vir 2 nagte en toe verder gery na Cromwell (C) toe vir 2 nagte. Oppad Cromwell toe 'n band gebars en ons kon die toe darem op Cromwell uitsort. Na dit was ons af Manapouri (F) toe vir 3 nagte. Oppad Manapouri toe het ons verby 'n konstruksietrok gery en 'n klip het toe die windskerm gebreek, darem in die hoek so ons het die toe eers in Chrischurch regeemaak. Toe one by Manapouri was het ons opgegaan na Milford Sound (F) toe.

Na Manapouri het ons vir 2 nagte in Okarito(G) gebly en toe nog 2 nagte in Hokitika (net so bo Okarito). Die laaste 3 nagte het ons in Karamea (H) bebly en weer terug na Christchurch.

So in totaal was ons vir 2 weke weg en het heeltamal te veel fotos geneem...
Posted by Picasa

No comments: