Thursday, May 14, 2009

So bietjie oor Blackbay



Vir die van julle wat wonder watse werk ek doen. Hierdie is een van die projekte waaraan ons gewerk het laas jaar. Blackbay ontwikkel die sagteware vir die PDAs en die intervlakke met die servers. Dit was een van die redes hoekom ek so baie in die UK was laas jaar.


Hierdie is een van die grootste "real time" mobile solutions in die wereld.

Thursday, May 07, 2009

Lake Ianthe

Moes toe nou maar net die afneem aangesien ons nou Ianthe's in die familie het...

Posted by Picasa

Nog van Franz Josef

Dit was die volgende dag.... Meer sneeu en weer sonskyn!



Posted by Picasa

Okarito 2

Aksie fotos.... Soos ek al gese het ek het 'n nuwe kamera en moet bietjie met die ding speel.


Ons het hierdie huisie gehuur. Nogal oulik, maar net te veel sandflies!
Die oggend nadat dit gesneeu het. Baie mooi gelyk.
Posted by Picasa

Okarito

Okarito is teenaan die kus. Mens kry glo nog baie kiwi in die wild hier. Ons het dit nou nie gesien nie...

Ons het die honde maar so bietjie laat hardloop hier op die strand.

Gaan maar nie veel aan nie. Dink die permanente populsie is 63.

Posted by Picasa

Franz Josef Glacier

Hierdie is 'n gletser wat naby aan Okarito is. Mens kan eintlik toe by die gletser loop maar dit het baie gereen en gesneeu die aand voor die tyd so die rivier was te sterk.



Die gletser groei en krimp glo gereeld. 200 jaar terug was dit amper 1km langer.


Daar was mense bo-op die gletser. Jy kan guided tours doen. 3 mense is al dood die jaar by die gletser - hulle het nie die guided tour gedoen nie. So dit is seker maar gevaarlik.
Posted by Picasa

Oppad na Okarito

Sommer 'n paar fotos deur die pas na die weskus toe.




Posted by Picasa

Eendag as ek groot is...

Die was oppad na Okarito toe. Dit is weer naby Queenstown. Ek het nou al 'n paar keer hier verby gery en elke keer gedink dat ek nou die boustyl baie laaik. So as ek nou eendag groot is gaan ek vir my so huis bou. Ek dink die is actually 'n hotel... of 'n moerse huis!




Posted by Picasa

Morris Minors

Die karre staan die hele holiday park vol.




Posted by Picasa

Die huidige familie...




Hierdie is in die binneland. Orals berge!
Posted by Picasa

Manapouri - Sonsondergang

Die laaste aand in Manapouri het ons by die bug oorkant die pad gaan eet. Dit was toe nou net so mooi tyd vir sonsondergang en ek het so beitjie met my nuwe kamera se settings gespeel.




Posted by Picasa

Milford Sound 11

Oppad terug het ons by 'n paar plekkies gestop.


Dit het maar so aan en af gereen.

Die berg is BAIE hoog moeilik om dit op 'n foto vas te vang.
Posted by Picasa