
Ons het maar 'n rustige en effens koue Kersfees gehad. Ook gesorg dat ons genoeg het soos altyd en dat die broeke in die nuwe jaar darem so effe stywer sit.
Het selfs kersfeeskoek ook gekoop, nog nie eers geproe nie, maar sal seker nie soos die tuisgebaktes waarmee jul ons altyd bederf wees nie.

Dit was nie die warmste Kersfees ooit nie, soos Delmay nou hier wys. So byna 'n witte!! Ernstig nou- dit het 'n paar dae later in Wanaka gesneeu op die heuwels.

Ons het self 'n boom gehad en kersversierings. OK, kleintjie maar volgende jaar is die ding hopelik groter....

No comments:
Post a Comment