
Die tent lekker groot en ons het die eerste vertrek gebruikas ons kombuis en eetplek, en dan die ander vertrek om in te slaap. Daai is ook nog so klein onderdak area waar ons die braaier en ander klomp goed gebere het.
Ons sal definitief vir ons grens seile maak voor ons weer vir so lang ruk gaan kamp. Die mense hier loop ook maar net waar hulle wil en val gedurig oor die toue, nou nie dat ek omgee dat hulle seer kry nie, maar as hulle ons tent skeur gaan dit nou nie lekker wees nie....
Ai tog die tieners darem maar. Nou ek kan dit seker nou nie regtig vergelyk met SA nie, want ons het nou nooit in so groot kamp (kan glo 2000 mense in die kamp bly) gekamp nie, maar hulle raas maar lekker laat en die ouers raas net so saam. Ons het een aand 'n strud gekad tussen die Beatles en een of ander iets soos Metalica. Natuurlik die son was eers 21h45 ondergaan help ook nie, want as die son onder gaan begin die mense mos nou eers te kuier. Maar ons het darem oorleef, 'n HELE paar Afrikaanse vloekwoorde geruil met hulle.

No comments:
Post a Comment