Sunday, January 07, 2007

Vakansie na Wanaka


Ons het vanaf die 26ste Des tot die 3de Jan gaan kamp by Glendhu Bay. Die is so 10km buitekant Wanake. Die kamp is teenaan Lake Wanaka. Die is maar so 430km vanaf Christchurch maar die paaie is maar nou en het baie kronkels so ons het nogal lank gevat om daar uit te kom, maar het darem sonder probleme.


Lake Wanaka is so lang dun meer, seker 45- 50 km in lengte. Wanaka is maar 'n klein maar daar was heelwat mense nou daar gewees. Die weer was maar effe koud gewees die eerste maar dae maar die laaste 2-3 was darem lekker. Ons het selfs sneeu op die berge net agter die kamp gehad die 30ste Desember.... Pret ne? Posted by Picasa

No comments: