
Plaas dat sy my nou help staan en neem sy my af... Die tent het 2 vertrekke binne en nog so onderdak area. Heelwat spasie darem. Die Rav was volgepak mat al die goed, skaars spasie gehad vir onsself.

Die was voor ons tent, lekker naby aan die water (nie dat ons geswem het nie). Almal het omtrent bote en jet ski's daar gehad. So daar was heelwat mense wat die heeltyd maar geski het, meestal maar met wetsuits (of birthday suits op oujaarsaand)

Die was die volgende oggend in Wanaka, waar ek gaan soek het vir 'n adapter vanaf die campsite se plugs na die standard NZ plugs. Eventually het ek maar my eie kabel opgemaak (glo onwettig, maar die helfte goedkoper!).

Wanaka kyk uit op die 2de hoogste berg in NZ, Mt Aspiring. Ons het die ook eers aan die einde van die vakansie gesien toe die wolke bietjie weg was.

No comments:
Post a Comment