
Die was basies so naby soos wat ons kon kom. Wel ek is seker met die regte toerusting ens kan mens seker tot by dit kom maar daar is nie regtig roetes soontoe nie.

Hierdie is 'n Kea. Hulle is BAIE hans en probeer die heeltyd by jou rugsak uitkom. Hulle is ook glo baie lief om rubber stukkend te kou en baie mense se karre word erg beskadig in die berge. Hulle kom net in die berge voor.

'n Stuk van die glacier het afgebreuk, en dit klim kompleet soos donder weer. En dan is dit net so klein ou stukkie.

Ons altwee was daar. Ons was nogal erg moeg, veral na die vorige dag se klim.

No comments:
Post a Comment