Sunday, January 28, 2007
Queenstown 5
Daar is 'n plek waar jy bungie jump ook.
Daar is so kaskar tipe van baan ook daar bo (noem dit "Luge"). Mens ry mens ski-lift op tot bo en dan jaag jy af tot onder...
Net voor ons begin ry het... Darem nie te erg nie nogal baie pret.
Queenstown 3
Queenstown
Ons het die dag na Rob Roy glacier besluit om so min as moontlik te doen. Die dat ons besluit het om na Queentown toe te gaan, seker so uur se ry.
Een of ander ou met een of ander skaap. Dit is mos immers NZ :-)
Queentown is baie bekend wereld wyd, en gevolglik is baie toeriste en dit maak seker maar enige plek duur. Dit is regit 'n baie mooi plek, dit sit ook op 'n meer (Lake Wakatipu).
Daar is baie jet boets wat op die meer rond jaag en in die riviere op. Die weer was net so bietjie sleg, ons wil dit ook nog eenkeer doen.
Een of ander ou met een of ander skaap. Dit is mos immers NZ :-)
Queentown is baie bekend wereld wyd, en gevolglik is baie toeriste en dit maak seker maar enige plek duur. Dit is regit 'n baie mooi plek, dit sit ook op 'n meer (Lake Wakatipu).
Daar is baie jet boets wat op die meer rond jaag en in die riviere op. Die weer was net so bietjie sleg, ons wil dit ook nog eenkeer doen.
Andri in die tent
Die tent lekker groot en ons het die eerste vertrek gebruikas ons kombuis en eetplek, en dan die ander vertrek om in te slaap. Daai is ook nog so klein onderdak area waar ons die braaier en ander klomp goed gebere het.
Ons sal definitief vir ons grens seile maak voor ons weer vir so lang ruk gaan kamp. Die mense hier loop ook maar net waar hulle wil en val gedurig oor die toue, nou nie dat ek omgee dat hulle seer kry nie, maar as hulle ons tent skeur gaan dit nou nie lekker wees nie....
Ai tog die tieners darem maar. Nou ek kan dit seker nou nie regtig vergelyk met SA nie, want ons het nou nooit in so groot kamp (kan glo 2000 mense in die kamp bly) gekamp nie, maar hulle raas maar lekker laat en die ouers raas net so saam. Ons het een aand 'n strud gekad tussen die Beatles en een of ander iets soos Metalica. Natuurlik die son was eers 21h45 ondergaan help ook nie, want as die son onder gaan begin die mense mos nou eers te kuier. Maar ons het darem oorleef, 'n HELE paar Afrikaanse vloekwoorde geruil met hulle.
Rob Roy Glacier 5
Rob Roy Glacier 4
Die was basies so naby soos wat ons kon kom. Wel ek is seker met die regte toerusting ens kan mens seker tot by dit kom maar daar is nie regtig roetes soontoe nie.
Hierdie is 'n Kea. Hulle is BAIE hans en probeer die heeltyd by jou rugsak uitkom. Hulle is ook glo baie lief om rubber stukkend te kou en baie mense se karre word erg beskadig in die berge. Hulle kom net in die berge voor.
'n Stuk van die glacier het afgebreuk, en dit klim kompleet soos donder weer. En dan is dit net so klein ou stukkie.
Ons altwee was daar. Ons was nogal erg moeg, veral na die vorige dag se klim.
Rob Roy Glacier 3
Pa se groot seun....
Hulle doen nogal regtig baie moeite en die stap roetes word goed onderhou of hulle sit maar bordjies op om die se as jy maar nie moet stop nie... Dit was basies vir die rots hier onder.
Meeste van die berge hier is basies net grys, lyk maar vir my baie onstabiel. Maar nou ja. Christchurch is gelukkig plat.
Glacier van nader.
Rob Ray Glacier 2
Nog van die varings.
Die roete was so al lang 'n rivier op in die vallei. Nierdie is tipiese plantegroei van NZ. Laat my nogal dink aan die Knysna area in SA.
Die nuwe blare maak so rol, dis nogal 'n vorm wat in baie tekens en embleme gebruik word.
Hier het ons die eerste keer die glacier begin sien. Nie een van ons twee het al 'n glacier gesien nie, so dit was nogal heel besonders. Eeue se ys. Die glacier is besig om kleiner te word, maar daai is glo ander wat besig is om groter te word. Weet nou nie van global warming nie, maar die ou somertjie is nou nie juis baie warm nie...
Subscribe to:
Posts (Atom)