Sunday, March 26, 2006

Ons kort toe meubels


Ons het basies met ons tasse, 2 rekenaars, 2 kampstoele, 'n mikrogolfoond en 'n stofsuier die huis ingetrek. Moes toe nog 2x ry vir ons groot trek.


Ek het die sondag toe vir my 'n tafel en stoel gaan kry om op te werk. Ek gaan my werksplek eintlik onder maak as ons meubels eers kom, maar nou laat dit die huis darem ophou weergalm.


Dinsdag het ons vir ons banke gaan koop, wou eintlik net een gehad het omdat ons banke vanaf SA nog oppad is, maar dit is toe 'n close-down sale en ek moes die stel vat, darem 'n goeie prys betaal vir dit. Ek weet dit lyk baie deurmekaar, maar dus net 'n illusie dat die huis nie so leeg moet lyk... Oja en sien julle ons kagel an die linkerkant, of "Log Burner" soos hulle dit hier noem, hy werk nou hard.


Ons het die Vrydag wat ons in gestap het (mens kan dit nie regtig trek noem nie) vir ons 'n bed gaan koop. Hulle het die raam nie in stock gehad nie, dus het hulle vir ons 'n loaner kom aflewer en het ons die vlge Woensdag ons bed gekry. Moet asb nie ons bedbokse miskyk nie :-) die budget laat nie bedkassies op die staduim toe nie. Lekker groot Kingsize sodat Andri my nie meer so maklik kan skop in die aande nie. Posted by Picasa

En toe het ons 'n huisie...


Ons het toe die Woensdag in die eerste week, 'n plek gesien waar ons sal kan bly. Ons huur nou net tot Augustus toe, dan sal ons maar kyk of ons 'n huisie kan koop of 'n ander plek kry waar ons kan bly, teen daai tyd moet ons 'n plek waar Delmay (ons dowe hond vir die wat nie weet nie) ook kan bly, wat nogal skaars is hier. Ons huisie is die een in die middel op die heuwel.


Hierdie is basies ons uitsig vanaf ons stoepie. Die plek waar ons bly is Westmorland, dis so op die rand van Christchurch. Hier is nog so hier en daar 'n paar klein plasies. Agter die heuwel waar ons bly is daar meer plase. Christchurch brei ook maar uit daar sal seker maar later meer huise hier kom.


Dit is immers New Zealand! Hierdie is so 200m in die pad af. Die ooi is heel mak en kom draad toe dat mens haar kan voer.
Hierdie is die uitsig sonder dat dit vergroot is. Christchurch se middestad sit so regs bo in die agtergrond. Posted by Picasa

Ons eerste dag in Christchurch

Ons het vroeg die volgende oggend (dus nou die Sondag net na ons daar aangekom het) besluit nou moet ons maar gaan kyk hoe lyk die middestad. Die busstop was net si 50m vanaf die backpackers in Sumner en kordaat het ons gereed gestaan om die publieke vervoer uit te toets. Dus toe nou waar John ('n oom van so 60) ons vra of ons nie 'n lift in soek stad toe nie, hy is oppad kerk toe. Nou ja na so paar millesekondes van die situasie opsom en belsuit of die oom nou beitjie van die pad af is, ons dalk wil ontvoer ens ens, ag wat hoekom nie. Lekker met die oom gesels vir die 20 min rit in stad toe, toe hy nou uitvind van waar ons kom het hy gese "You are very brave" en hy gee toe sommer sy telefoon nommer vir ons as ons iets nodig het. Ons het toe nou nie nodig gehad om hom weer te bel nie maar dit het mens nogal laat dink aan 'n plattelandse dorp in die Vrystaat so 10 jaar terug.



Hier saan Andri ewe braaf voor haar nuwe werksplek. Dis net so 2 blokke van die "City Exchange" waar al die busse bymekaar kom.


Cathedral Square - Die bekendste foto van Christchurch. Die is in die middel van die middestad. Die engelse setlaars het Christchurch begin en het probeer om 'n tweede Engeland hier te vorm. Daar is heelwat van hierdie grys geboue.


Die eerste indrukke van die stad is dat dit maar vaal is, baie soos London. Tog toe ons land het die Caterbury vlaktes mens nogal baie aan die Vrystaat laat dink, baie plat en vol landerye. Christchurch self is seker bietjie groter as Bloemfontein. Daar is heelwat huise wat oud en vervalle is, en dan is daar maar weer huise wat soos kastele lyk. Die Maori's waarmee ons al te doen gehad het is baie vriendelik. Die middestad het ook nogal baie oosterlinge.


Ons het toe die res van die dag, maar Christchurch per bus verken. Christchurch is omtrent so 25km in deursnit, dus darem nie te groot nie. Die spoedgrens is 50km per uur in die stad. Mens voel nie regtig die verskil nie, omdat dit maar die spoed is. Die karre is oor die algemeen ouer modelle, die meeste karre word 2de hands vanaf Japan, Singapore ens ingevoer. As karre ouer as 3jaar is moet die karre elke 6 maande 'n warrent of fitness (of WOF soos hulle hier se) kry. Dus al die karre is padwaardig, en mens sien baie min gestampde karre. Posted by Picasa

Sumner...no 3

Daar waar ek nou staan is gewoonlik water dis maar met die water wat so ver terug getrek is die grot oop. Daar bietjie lig wat ver in die agtergrond is, is waar die foto hier onder geneem is.


Toe ek daar die punt kom het daar 'n klomp tieners gestaan en rook, en dag toe ek dagga... :-)



 Posted by Picasa

Nog van Sumner


Hier is Andri op die strand, en sy kry koud.


Sumner sit nou so tussen die twee heuwels, die eerste een en dan die een wat daar in die verte sit. Dit is redelik beskud van die wind se hulle, maar ek het die wind maar kwaai gevoel daar.


Hierdie is in Sumner. Daar is klomp huise op die vlakte en dan 'n klomp huise so teen die heuwels. Van die eerste huise teen die heuwels het nie paaie teenaan hul huise gehad nie (van hulle nogsteeds nie), dus sit hul garages sit onder en dan het hul 'n klomp trappe na hul huise.
 Posted by Picasa

Foto's van Sumner


Oorkant die water is die "South Shore" dis so lang dun stuk land.


Die klip hier bo is "Shag Rock". Ek is seker daar is 'n rede hoekom


Die strand is nie gewoonlik so wyd nie, die see het verskriklik ver teruggetrek toe ons die foto geneem het. Die sand hier is nogals donker.


Hier waar die waterpoele le is tot waar die see gewoonlik kom. Posted by Picasa

The Marine Backpackers


Ons het vir 6 dae by "The Marine" ingeboek. Ek het die plek gesien op die BBH se website en dit het 'n rating van 86% gekry. So dit was maar 'n kans maar darem 'n beter kans as van die ander. Maar ek was regtig bly ons het daar gebly, die plek was baie netjies en baie skoon. Daar was 'n bar aan die een kant wat veral op die Saterdagaand besig was met die Super 14, natuurlik het ek maar erder nie my gesig daar gaan wys nie, netnou vind hul uit dat ek maar eintlik uit Afrika ontsnap het. NZers is baie vriendelik maar as dit by rugby kom gee hulle jou gas, so ek het daai area maar vermy. Die Rav4 agter die eerste kar in die foto is ons sin, en nee ons het dit nie gekoop oppad van die lughawe huistoe nie, ons het net agtergekom dat ons nie foto's geneem het van die plek nie en het eers laas week terug gegaan vir die foto's.



Die Backpackers het net so onder 'n afgrond gesit, hulle het 'n baie lekker kuierplek (weg van die bar) agter die gebou net onder die afgrond. Dink mens sal nogal lekker daar kuier, was net bietjie koud toe ons daar was.

Die tipe mense wat daargebly het was ook nie die tipe wat mens sal verwag nie, klompie jongmense maar glad nie die tipe wat loud is nie, maar was ook 'n hele paar mense wat so tussen 50 en 60 jaar is. Ek dink dis 'n goeie aanduiding dat die kwaliteit heel goed is. Ons het ook ons eie badkamer gehad, nie dat die ander vuil was nie, maar dit is darem lekkerder om jou eie stort en toilet te he. Ons het regtig lekker daar gebly en ons sal nou as ons NZ verder begin verken ook so in Backpackers bly. (As jul hul website wil sien www.themarine.co.nz ) Ons het net langs die "The Marine" naambord gebly aan die regterkant op die onderste vloer in die foto hier bo. Posted by Picasa

Saturday, March 25, 2006

Ons is in New Zealand


Ons het so 11h30 die oggend geland. Ons het ons "Permanent Resident" stamp in ons passpoorte gekry en gaan wag vir ons tasse. Ek moes 'n rekenaar en skerm ook saam oorvat vir my werk en moes dit in ons bagasie inboek, ek het gestaan en wonder terwyl ons wag vir ons tass om te kom of Sipho by Jhb Int nie dalk gedink het dat hy so PC kan gebruik nie. Wel vandag was ons gelukkig, alles het in eenstuk uitgekom en alles was nog mooi geseel. Nou New Zealand is BAIE streng oor hul natuur, dus moet jy nie probeer om kos of enige iets anders wat kan siektes dra in te bring nie. Hulle het 'n brakkie sommer net daar waar jy jou tas kry wat so hier en daar snuffel, hulle het sommer vinnig 'n tannie daar vasgetrek. Daarna gaan jy met jou tasse in 'n ry waar 'n ander oom jou vormpie vat jou in die oe kyk en vra het jy biltong (siende dat ons SAers)? Hulle het nie gekla oor Andri se Rooibostee (Nog by Zelma en Andre gekry) nie, dis OK. Ons het toe darem eerlik gelyk en ons is na die ry toe gestuur wat nie hul tasse hoef uit te pak nie en as ek kyk na hoefveel plekke daar was reken ek hulle pak baie mense se tasse uit.

Trevor en Hazel (Suid-Afrikaners) was so gaaf om ons by die lughawe te kom oplaai en ons Backpackers in Sumner toe te vat. Dit was HEELWAT koeler as in Singapore, nogals 'n verligting. Oppad na die backpackers het ons gou by 'n sentrum gestop en 'n Vodaphone starter pack gekoop, dat ons weer kan kontak he met die mense. In die foto hier bo is ek besig om die ding in te sit. Ons het daar agterkom dat die foon se battery net so pap soos ons was. Ons moes toe eers 'n adapter gaan koop en in Sumner is daar nie baie winkels nie, kon eers die volgende dag. Ons het toe maar gaan brood en melk koop en bietjie langs die strand gaan rondloop, verbaas dat die mense met kortmouhempde rondloop, ons was natuurlik gepanser met 'n triu en baadjie. Die aand het ons maar vroeg gaan slaap en vir die volgende paar dae het ek elke oggend 3h00 wakker geword, kan dit nie regtig verstaan nie want dit is dan 16h00 in SA so dit is nie heeltamal my opstaan tyd nie. Dan weer ek het altyd 16h00 huistoe gegaan na werk, so dalk het ek eers wakker geskrik daai tyd van die dag, laat mens dink ne? Posted by Picasa

Koi visse, die laaste stop.


Hierdie was in die Suntec Mall. Daar is 'n klomp GROOT koi visse in die dam, van hulle was hier by die 60-70 cm lank.

Singapore het verskriklik baie winkelsentrums, so ek dink as mens nou baie geld het (die kategorie waarvoor ons nou nie kwalifiseer nie) kan jy regtig lekker baie "shop". Die goed is darem nie duur nie, veral nie elektroniese goed nie.

Het ek gese dat dit vrek warm was daai dag? Die was basies ons laaste stop voor ons terug was lughawe toe, die toeriste sentrum het vir ons 'n stort voucher gegee die oggend (dalk 'n skimp?) so ons het gou gaan stort iets gekry om te eet. Toe was ons gereed vir ons eindbestemming. Posted by Picasa

Nog foto's in die botaniese tuine


Die tuine is regtig baie goed versorg.



Hierdie plante is omtrent 1m in deursnee.

Vrou wat op 'n man se kop sit of eerder die duiwel? Dalk dieselfde is dit nie? Posted by Picasa

En nog orgidiee...




Selfs oom FW was ook hier, en nou is daar 'n De Klerk orgidiee. Posted by Picasa

Foto's van orgidiee in die botaniese tuine


Daar is 'n hele deel waar hulle net orgidiee in aanhou. Baie verskillendes en almal is baie mooi. Hier is so 'n klompie.



 Posted by Picasa