Saturday, June 24, 2006

Trip na Suid-Afrika

Ja ek was toe weer in SA gewees vanaf die 16de tot die 29ste Mei. Dit was weer lekker gewees om die familie te sien. Almal vra mens altyd so hoe voel die om weer terug te gewees het, wel dit was lekker.

Ek dink as mens terug kom, alhoewel ek seker nog nie lank genoeg uit SA was om regtig te se ek is al weg nie, voel die dinge nie so erg soos dit gevoel het toe ons nog daar gebly het nie. Eweskielik is die minibus taxis nie erg nie en oor die algemeen irreteer dinge mens nie meer so erg nie, OK ek kan nou nie dieselfde se van die car watch men nie, hulle het my bloed maar vinnig laat kook! Maar as mens seker daaroor dink is dit sekerlik maar net 'n teken dat mens besig is om te vergeet van al die frustrasies van SA te vergeet, nie dat SA net sleg is nie!

So ek was in SA, was lekker gewees om weer van die familie en vriende te sien, maar was ook lekker om weer terug te gaan huistoe, Christchurch toe.

No comments: