Saturday, June 24, 2006

Trip na Montueka en Nelson (Sondag Middag)


Ons het so vinnig 'n entjie gaan stap na so afgesonderde strand, mens kan net soontoe loop. Hierdie hierbo is nou "Split Apple Rock", as mens nou onder kyk dan kan mens nou duidelik sien hoekom. Nogals snaaks die klip wat net so in die middel gesplit het.



Nelson is basies maar die hoofplek vir die strand vakansie, in die somer is dit glo baie lekker in die area. Ons sal maar moet kom kyk. Montueka is naby die Abel Tasman reserve, nou die plan is dat ons nog een of ander tyd met 'n Sea Kayak bietjie so om die reserve roei van strand tot strand en so paar dagroetes stap.

 Posted by Picasa

No comments: