Saturday, June 24, 2006

Trip na Montueka en Nelson


Ons het die Saterdag seker so 16h00 daar aangekom (ons het 'n uur gestop). Ons het die naweek by vriende (Lincoln en Liezel) van Andri se vriendin (Gayle) gebly. Liezel is 'n Suid-Afrikaner wat na die UK toe gegaan het na sy klaar gestudeer het. Sy het daar vir Lincoln ontmoet (Brit) en hulle is toe getroud en daarna het hulle New Zealand toe gekom. Hulle is al so 3 jaar hier.


Ons kon die Sondag basies nie vell gedoen het nie, dit het die heeltyd gereen. Ons het toe na die World of Wearable Arts museum toe gegaan (mag nie foto's geneem het nie), en 'n paar arts en crafts winkels toe gegaan. Die wearable arts ding het in Nelson begin en dit is nou een van die groot events in New Zealand en dit gebeur nou elke jaar in Wellington, glo wereld bekend.


Hierdie was die beste foto's wat ons kon neem die dag en was op Rabbit Island, seker daar is 'n rede hoekom hulle dit Rabbit Island noem maar ek het nie die vaagste idee hoekom nie. Posted by Picasa

No comments: