
Die was ook nog die Sondag middag, die reen het so bietjie opgehou. Leizel en Lincoln is hier bo in die foto, en hul seuntjie Tres (6 maande oud).

Hierdie hierbo is nou die local legend Maui. Ons het toe nou nogal so 2 weke later 'n opvoering gaan kyk oor die karakter, was in die Christchurch teater. Meeste dialoog was in Maori, so ek kan nie regtig se ek ken die hele storie nie, maar dit gaan basies oor 'n laaitjie wat deur een van die gode groot gemaak is. Hy het toe grootkop gekry m.a.w windgat geraak en het toe van die gode begin chellenge en oorwin. So hy was "The man who defeated the gods", nou ek weet nie regtig of dit nou 'n goeie of slegte ding in die Maori kultuur is nie, dus laaik hulle hom of laaik hulle hom nou eintlik nie. Maar nie dat ek my kop te veel daaroor breuk nie. Die show wat ons gaan kyk het was baie nice, dit was regtig baie goeie kwaliteit en ons het dit baie geniet.


Maori's was kanibale gewees, nie as 'n reel nie, maar hulle het glo hul vyande geeet. Die hele storie van tonguitsteek (soos in die haka) is veronderstel om mense bang te maak. Hulle vermoed ook dat die Maori's nogal verwant kan wees aan die Indiane (nie die kerrie tipe nie, die veer op die kop tipe), so as mens nou na die boom hierbo kyk, is dit ook iets wat hulle doen soos die Indiane.

No comments:
Post a Comment