Saturday, June 24, 2006

Trip na Nelson en Montueka


Ons het toe nou die eerste naweek na ek terug gekom het vanaf SA is ons op Nelson toe. Dit is 'n dorp/stad seker so groot soos George in SA.

Ons het die Saterdag oggend seker so 9h00 gery, en gereken dit sal nie meer as 4 miskien 4.5 ure vat om soontoe te ry nie, anyway 6 ure later is ons toe nou by Montueka. Die meeste van die paaie in New Zealand het baie kronkels, so mens kan nie regtig vinnig ry nie. Ons sal maar moet leer om ons tyd ook so te beplan. Die maksimum spoedgrens op die "highways" is 100 Km per uur, en mens kan ook nie regtig vinniger ry nie. Die spoedgrens in die stede is 50 Km per uur, nou dit is bietjie moeiliker om by te hou, maar sover het ons nog nie kaartjie gekry nie.

Ons het by 'n klein padkafee gestop om iets te koop om te eet. Die foto met die rob hieronder was net oorkant die pad van die kafee.



Dis toe nou ook hier waar ons agtergekom het, dat padkafees baie DUUR is in New Zealand, en as jy scone bestel gaan jy nie noodwendig konfyt saam kry nie. Nog 'n ding wat snaaks hier is, by die meeste van die Fastfood plekke kry jy glad nie tamatiesous saam nie... jy moet dit koop.


Die pad na Nelson loop al langs die kus op, so mens ry die meeste van die tyd langs die see. Die weer was redelik goed gewees, bewolk maar darem nie vreeslik reen nie. Posted by Picasa

No comments: