Saturday, June 24, 2006

Ons eerste sneeu! 2


Hier val die sneeu nog.



Posted by Picasa

Ons eerste sneeu!


Ons het toe nou die een Maandag oggend (so week en half terug) wakker geword en toe is die hele wereld nou sommer wit. Dit gebeur glo so eenkeer per jaar hier, so dit is eintlik nogal heel pret. Ek reken as dit die heeltyd so moes wees sal mens sommer vinnig moeg word daarvoor.


Hierdie is ons agterplaas, spierwit.
s


En hulle het Andri sowaar huistoe gestuur, meeste van die skole sluit op dag. Die sneeu was seker so 5 cm diep, kan nou nie vergelyk met Kanada nie... maar ons het darem! Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson (Oppad terug)


Hierdie is een van die Nelson mere, ons het gou hier gestop en middag ete geeet. Dit is regtig 'n baie mooi plek gewees, sal nogal lekker wees om so ou huisie langs die meer te he... Maar nou ja eendag as ons groot is!




Dit was vrek koud gewees hier, en daar het twee mense met hul kayak terug gekom (dink hulle het vir die nawek iewers langs die meer gekamp), nou dit het nog meer koud gelyk! Ek bly maar nogsteeds was glo watersport is iets vir die somermaande! Posted by Picasa

Trip na Montueke en Nelson (Maandag) 3


Die Maandag was 'n vakansiedag hier gewees, Queens birthday so ewe, nie dat New Zealanders van die hele Queen ens hou nie, maar vakansiedag bly vakansiedag!


Ons het basies so teen 12h00 se kant weer begin terug ry huistoe, ons het toe die keur die binnelandse roete gevat. Hierdie foto's was by 'n strand waar ons gou gaan koffie drink het voor ons begin terug ry het. Liezel en Lincoln was BAIE gaaf gewees en ons het regtig lekker gekuier en dit baie geniet.


 Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson (Maandag) 2


Hierdie was by Hawk's lookout. Mens kon nogal redelik ver isen hier. Die meeste van Nelson se ekonomie is maar wingerde en hops asook ander vrugte.




Nelson se weer is heelwat as Wellington sin, Wellington sit op die suid punt van die noord eiland, basies oorkant die "Cook's Strait", Nelson sit nou aan die noord punt van die suid eiland. Die Marlborough Sounds keer die meeste van die wind en die slegte weer weg van Nelson af. Ek het nou uitgevind waar die "sounds" ook nou vandaan kom, dit is glo as 'n berg direk in die see in gaan. Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson (Maandag)




 Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson (Sondag Middag)


Ons het so vinnig 'n entjie gaan stap na so afgesonderde strand, mens kan net soontoe loop. Hierdie hierbo is nou "Split Apple Rock", as mens nou onder kyk dan kan mens nou duidelik sien hoekom. Nogals snaaks die klip wat net so in die middel gesplit het.



Nelson is basies maar die hoofplek vir die strand vakansie, in die somer is dit glo baie lekker in die area. Ons sal maar moet kom kyk. Montueka is naby die Abel Tasman reserve, nou die plan is dat ons nog een of ander tyd met 'n Sea Kayak bietjie so om die reserve roei van strand tot strand en so paar dagroetes stap.

 Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson (Sondag)


Die was ook nog die Sondag middag, die reen het so bietjie opgehou. Leizel en Lincoln is hier bo in die foto, en hul seuntjie Tres (6 maande oud).


Hierdie hierbo is nou die local legend Maui. Ons het toe nou nogal so 2 weke later 'n opvoering gaan kyk oor die karakter, was in die Christchurch teater. Meeste dialoog was in Maori, so ek kan nie regtig se ek ken die hele storie nie, maar dit gaan basies oor 'n laaitjie wat deur een van die gode groot gemaak is. Hy het toe grootkop gekry m.a.w windgat geraak en het toe van die gode begin chellenge en oorwin. So hy was "The man who defeated the gods", nou ek weet nie regtig of dit nou 'n goeie of slegte ding in die Maori kultuur is nie, dus laaik hulle hom of laaik hulle hom nou eintlik nie. Maar nie dat ek my kop te veel daaroor breuk nie. Die show wat ons gaan kyk het was baie nice, dit was regtig baie goeie kwaliteit en ons het dit baie geniet.
Ek dink hierdie hierbo is die god van vuur. Die Maori's het baie gode gehad (twyfel of daar nog mense is wat daarin glo) en fokus ook baie of die voorvadergeeste soos die Afrikaaners.



Maori's was kanibale gewees, nie as 'n reel nie, maar hulle het glo hul vyande geeet. Die hele storie van tonguitsteek (soos in die haka) is veronderstel om mense bang te maak. Hulle vermoed ook dat die Maori's nogal verwant kan wees aan die Indiane (nie die kerrie tipe nie, die veer op die kop tipe), so as mens nou na die boom hierbo kyk, is dit ook iets wat hulle doen soos die Indiane. Posted by Picasa

Trip na Montueka en Nelson


Ons het die Saterdag seker so 16h00 daar aangekom (ons het 'n uur gestop). Ons het die naweek by vriende (Lincoln en Liezel) van Andri se vriendin (Gayle) gebly. Liezel is 'n Suid-Afrikaner wat na die UK toe gegaan het na sy klaar gestudeer het. Sy het daar vir Lincoln ontmoet (Brit) en hulle is toe getroud en daarna het hulle New Zealand toe gekom. Hulle is al so 3 jaar hier.


Ons kon die Sondag basies nie vell gedoen het nie, dit het die heeltyd gereen. Ons het toe na die World of Wearable Arts museum toe gegaan (mag nie foto's geneem het nie), en 'n paar arts en crafts winkels toe gegaan. Die wearable arts ding het in Nelson begin en dit is nou een van die groot events in New Zealand en dit gebeur nou elke jaar in Wellington, glo wereld bekend.


Hierdie was die beste foto's wat ons kon neem die dag en was op Rabbit Island, seker daar is 'n rede hoekom hulle dit Rabbit Island noem maar ek het nie die vaagste idee hoekom nie. Posted by Picasa

Trip na Nelson en Montueka


Ons het toe nou die eerste naweek na ek terug gekom het vanaf SA is ons op Nelson toe. Dit is 'n dorp/stad seker so groot soos George in SA.

Ons het die Saterdag oggend seker so 9h00 gery, en gereken dit sal nie meer as 4 miskien 4.5 ure vat om soontoe te ry nie, anyway 6 ure later is ons toe nou by Montueka. Die meeste van die paaie in New Zealand het baie kronkels, so mens kan nie regtig vinnig ry nie. Ons sal maar moet leer om ons tyd ook so te beplan. Die maksimum spoedgrens op die "highways" is 100 Km per uur, en mens kan ook nie regtig vinniger ry nie. Die spoedgrens in die stede is 50 Km per uur, nou dit is bietjie moeiliker om by te hou, maar sover het ons nog nie kaartjie gekry nie.

Ons het by 'n klein padkafee gestop om iets te koop om te eet. Die foto met die rob hieronder was net oorkant die pad van die kafee.



Dis toe nou ook hier waar ons agtergekom het, dat padkafees baie DUUR is in New Zealand, en as jy scone bestel gaan jy nie noodwendig konfyt saam kry nie. Nog 'n ding wat snaaks hier is, by die meeste van die Fastfood plekke kry jy glad nie tamatiesous saam nie... jy moet dit koop.


Die pad na Nelson loop al langs die kus op, so mens ry die meeste van die tyd langs die see. Die weer was redelik goed gewees, bewolk maar darem nie vreeslik reen nie. Posted by Picasa

Trip na Suid-Afrika

Ja ek was toe weer in SA gewees vanaf die 16de tot die 29ste Mei. Dit was weer lekker gewees om die familie te sien. Almal vra mens altyd so hoe voel die om weer terug te gewees het, wel dit was lekker.

Ek dink as mens terug kom, alhoewel ek seker nog nie lank genoeg uit SA was om regtig te se ek is al weg nie, voel die dinge nie so erg soos dit gevoel het toe ons nog daar gebly het nie. Eweskielik is die minibus taxis nie erg nie en oor die algemeen irreteer dinge mens nie meer so erg nie, OK ek kan nou nie dieselfde se van die car watch men nie, hulle het my bloed maar vinnig laat kook! Maar as mens seker daaroor dink is dit sekerlik maar net 'n teken dat mens besig is om te vergeet van al die frustrasies van SA te vergeet, nie dat SA net sleg is nie!

So ek was in SA, was lekker gewees om weer van die familie en vriende te sien, maar was ook lekker om weer terug te gaan huistoe, Christchurch toe.