Thursday, November 09, 2006

Lang dae en Ou en nuwe vriende - Andri se kommentaar

Dit was so mini-Prospectus Novus re-unie (-Vir al my ou kollegas!). Chrisna (links) het vir 'n kursus Canterbury Universiteit toe gekom. Ons het haar en Retha (haar vriendin en kollega)
by die lughawe gaan haal en bietjie gekuier en al die nuus van die nuwe lewe in Auckland opgevang. Dit was soooo goed om iemand was ek geken het voor ek hiernatoe gekom het weer te sien.

Hier is Renee en Delmay, sy is mal oor Dallies en het een naweek vir ons kom "dog-sitting" doen. Vir oulaas het ons gekuier en sy't vir Delmay kom groet. Renee is nou in Australie. Ons het ontmoet by die Belly-dancing klasse. (o, ja, die "craze" het gelukkig oorgegaan na Delmay terug gekom het- ek het nou weer my ou Leisure-patrone terug (d.i. gaan stap met die hond in die bos- sonder om te "worrie"!).


Deck-party by Siobhan-hulle. Hulle bly in Mount Pleasant(dis op die heuwels hier in CHCH)- kyk die asemrowende uitsig!

Boomplantdag! vir ons in elk geval. Ons het2 van die shiraz-bome geplant. Nou is ons tuin behoorlik pienk. Ons het manukas en azaleas wat ook pienk is. Uiteindelik is dit somer!- kortmou klere vir die eerste keer sodat ek my wit lyfie kan "tan". Posted by Picasa

No comments: