Thursday, November 09, 2006

House warming - Andri se kommentaar

Ons het toe 'n housewarming/verjaarsdag partytjie gehou. Dit was nogal groot pret en lekker om vir die eerste keer in 7 maande te kan se ons het maatjies gemaak. Almal kom van oral oor die groot bal (aarde), so ek sal so bietjie vertel van die sub-groepies- nogal 'n interessante kombinasie van mense het opgedaag. So, hier is wie dit is en hoe ons aan hulle gekom het. Hier bo is baie oulike SA expats, Jolann, Bianca en Sandy. Ons het hulle deur die SA's in NZ group leer ken. Ons gaan nou oor 'n lang naweek saam met hulle Hanmer springs toe- so uur uit Christchurch.


Van links is Siobhan 'n Ier, en ook 'n OT. Regs in die agtergrond met sy wysvinger op sy ken is Dave, (hy is Siobhan se man en 'n Engelsman). Met haar rug na ons is Mindy (ook 'n OT) en 'n stukkie van Bryan (haar man- en ook 'n ingenieur) Hulle is van Amerika- baie goeie mense en hulpvaardig- het ons ook gehelp trek.

Al die spul mense was 'n bietjie te veel vir Delmay en sy't in die muur (buite) vasgehardloop, kyk hoe opgeswel is haar oog. Dit was darem nie te ernstig nie, en sy't net 'n klein merkie oorgehou.
Hier is die kiwis wat ek by die werk ontmoet het. Julie (linkerkantste vrou) en Lee (regs) werk saam met my. Julie is ook "into" honde- sy't 2 border collies en een is baie goed met agility. Ek en sy wil volg. jaar saam ons honde vat vir die kursus. Lee is nog nuwer by child& Family Specialty service en ons het vinnig ge-"click". Hulle mans is ook baie nice mense. Dit was lekker om hulle bietjie buite die werk-omgewing beter te leer ken. Posted by Picasa

No comments: