
Die Maandag na die Saterdag wat ons getrek het die hond ook toe nou haar aankoms gemaak. Sewe maande is regtig 'n baie langtyd vir 'n hond, maar haar kondisie was regtig baie goed na die hele storie. Sy het ons dadelik herken en die stert het so gewaai dat sy dit stukkend gekap het teen die kante van die hok, darem niks ernstig nie. Sy het al haar signs herken en het alles gedoen wat mens vra sonder probleme.

Sy is nou nie heeltamal gemaak met die dikpels wat nodig is hier as dit lekker koud word nie, so sy soek die warmplekke baie vinnig uit.

Ek dink aan die einde van die dag is dit die moeitewerd om haar oor te gebring het. Sy is darem nog jonk en daar le nog baie jare vir haar voor. Dit maak dit ook darem lekkerder om iets van die huis te he.

Ons vermoed sy het so bietjie kalmeer, maar ons is nog nie oortuig nie. Ons gaan stap daem elke dag met haar in die bottle lake forest park, ons laat haar sommer los en sy kan hardloop soos sy wil. In die begin was sy so effe bang vir al die ander honde maar sy het darem al aangepas, en partykeer loop sy 'n hond raak wat net so te kere kan gaan soos sy, dan speel sy al te lekker. Die mense hier is nogal heel honde vriendelik, bygese die meeste mense wat mens raakloop het ook hande so hulle is nie veel gepla oor ander honde nie.

No comments:
Post a Comment