Sunday, September 17, 2006

Naweek na Wellington 1

Andri het 'n kongres in Wellington aangehad die eerste naweek in September. So die DHB (District Health Board) het vir haar vliegtuig kaartjie en die hotel kamer betaal. So dit was eintlik 'n bargain. Ons het die Vrydag oggend 8h00 gevlieg en 8h45 weer geland. Ons was 'n halfuur in die lug, eintlik snaaks het nog nie eers behoorlik gemaklik gesit nie.


Ek het basies maar doe toeris ding gedoen terwyl Andri in die kongres was. Dit is ook nou nie so lekker nie, maar dit was darem pret genoeg.


Wellington is regtig 'n baie mooi stad dit sit so op die hawe en gee dit nogal mooi atmosfeer. Nogal baie soos die Waterfront in Kaapstap. Ek het nogal gedink dat ek lekker daar sal kan bly, die Saterdag het mind sommer weer heeltamal ge-change, die wind waai verskriklik, baie verskriklik....

Een of ander brug... Simboliseer een op ander iets... OK ek weet nie wat nie, maar dit het nice gelyk. Posted by Picasa

No comments: