
Ons (en weereens eintlik net ek...) het die rollout gras ingesit. Nou ja die rolle is so 30Kg elke en daar was 120 om in te sit (ons moet nou nog die ander 40 insit, moes eers die grond wegry ens.). Wel wat ek eintlik wil se is dat dit harde werk was. In die foto is die hondehak ook wat ek gebou het sodat die brak darem nou slaapplek het in die dag as dit reen.

Hier bo het die heining begin. Dit was so effe onderbreuk deur 'n maagsiekte wat ek gehad het, nogals so ewe 'n beheerde bakteriee wat ek iewers opgetel het. Ek het 5kg verloor in 4 dae se tyd, so ek het behoorlik my derms uitge.... Ek het maar eers ogiesdraad opgesit, maar die kykke van die bure was nogal snaaks. Anyways dit was darem net vir 'n week.
Die heining darem al sover dat die hond kan binne bly. Sy het wel al eenkeer uitgegrou by die agterste hekkie, gelukkig het sy by die huis gebly en nie ver gegaan nie. Ons moet nou nog gras en olyfbome voor die heining plant moet net eers die hieing stain en dan vernis en dan 'n top "cap" opsit om dit af te rond. So daar is nog baie naweke se werk wat voorle.
No comments:
Post a Comment