
Foto's van Botaniese tuine.

Mens ry op met so kabel karretjie.
Andri het 'n kongres in Wellington aangehad die eerste naweek in September. So die DHB (District Health Board) het vir haar vliegtuig kaartjie en die hotel kamer betaal. So dit was eintlik 'n bargain. Ons het die Vrydag oggend 8h00 gevlieg en 8h45 weer geland. Ons was 'n halfuur in die lug, eintlik snaaks het nog nie eers behoorlik gemaklik gesit nie.

Een of ander brug... Simboliseer een op ander iets... OK ek weet nie wat nie, maar dit het nice gelyk.




Andri waar sy hoort...
Ons het sommer met die trailer getrek. Was darem net so 2 vragte goed gewees. En mag ek byse dat ek nooit in 'n huis wil in of uittrek waar die trappe dun en moeilike draaie het nie. Ek verstaan nou hoekom die ouens so gesweet het wat ons sitkamer banke wat ons hier gekoop het vir ons gebring het. Dit is vrek swaar.
Gelukkig darem 'n helder dag gewees en nie gereen nie. Ons laaste oggend in Westmorland, ditis nogal snaak hoe vinnig 5 maande verby gegaan het. Dit voel soos gister wat ons nog verward gepik het oor hoe om 'n plek te huur en waar om te kyk en waar om te bly. Die plekkie in Westmorland was regtig baie lekker, ek dink dit is 'n baie goeie ding dat mens 'n lekker plek moes kry om te bly die eerste ruk, anders voel alles sleg en wil mens net huistoe gaan. Maar sak en pak is ons toe daar weg na die nuwe huis.
En vinnig besef mens dat ons basies die 15 kubieke meter waarmee ons in NZ aangekom het sommer lag lag verdubbel het. Ons was baie gelukkig dat ons van ons vriende kon kry om ons te help trek. Dit was harde werk maar darem het ons alles in so 4 ure se tyd getrek gehad.
Ons (en weereens eintlik net ek...) het die rollout gras ingesit. Nou ja die rolle is so 30Kg elke en daar was 120 om in te sit (ons moet nou nog die ander 40 insit, moes eers die grond wegry ens.). Wel wat ek eintlik wil se is dat dit harde werk was. In die foto is die hondehak ook wat ek gebou het sodat die brak darem nou slaapplek het in die dag as dit reen.
Hier bo het die heining begin. Dit was so effe onderbreuk deur 'n maagsiekte wat ek gehad het, nogals so ewe 'n beheerde bakteriee wat ek iewers opgetel het. Ek het 5kg verloor in 4 dae se tyd, so ek het behoorlik my derms uitge.... Ek het maar eers ogiesdraad opgesit, maar die kykke van die bure was nogal snaaks. Anyways dit was darem net vir 'n week.
