Sunday, July 16, 2006

Tri-Nations: NZ vs. Aus

Ek het die wedstryd gaan kyk saam met virende van ons. Dit het $75 gekos maar dit was darem lekker gewees. En die All black het gewen, alhoewel ek tog gedink het dat Aus nie sover moes verloor het nie. Maar ek reken hulle het dit toe nou gister op die Springbokke uitgehaal... Arme siele!

Die Haka. Hulle het die haka nou ook verander, nou nie dat ek die verskil sal weet nie.


Ek selfs die volkslied saam gesing, wel die 2de gedeelte, die eerste is in Maori, maar dit is maar net 'n vertaalde weergawe van die Engelse een (of so se hulle, ek is nou nog nie so goed met die Maori nie).


OK, ek ken nie die spelers nie (het nie skottel gehad in SA nie, het ook nie hier nie).


Nou ja ek weet nie op julle al ooit so baie mense met swart KLERE aangesien het nie, maar ek reken dit wys seker maar vir wie hulle skreeu. Ek het self my swart mussie en serp omgehad wat Christa nog vir my gegee het om die die koue uit te hou. Die NZers boo nogal maklik die ander span uit, maar dis nie asof hulle dit ongeskik bedoel nie, maar eerder om die ander span af te sit. Maar dis definitied erger hier as in SA.

Volgende naweek speel die bokke nou teen NZ in Wellington, sou nogal wou sien maar aan die anderkant weet ek nie of dit so goeie investment is as ek kyk hoe hulle teen Australie gespeel het nie. Die NZers sien SA nie regtig as so goeie span nie, hulle worry heelwat meer oor die Australiers. Posted by Picasa

No comments: