Sunday, July 16, 2006

Huis op Google Earth


Die tyd toe die foto's geneem is was die huis nog nie gebou nie maar die merker op die foto wys min of meer waar die erf is.


Net so bo ons erf is Bottle Lake Forest park, dit is basies 'n groen area waar niemand mag bou nie. Daar is klomp bergfiets paaie en staproetes in die plantasies, en dit is alles oop vir die publiek. Ons is ook so 3 km weg van die see, hulle se dit is nie so lekker om teenaan die see hier te bly nie, blykbaar is die suidooste wind baie erg en koud, so is redelik beskerm. Noord is na bo in die foto's so die huis kry redelik lekker son. Dit het darem ook double glaze vensters, dit is basies 2 lae glas met vakuum or argon (ek dink) gas tussen in wat die hitte lekker binne hou. Dit het ook 'n gas kaggel in. Posted by Picasa

No comments: