Ons is van plan om 'n dek hier by die skuifdeur in te sit. Sal nog sien om my houtwerk klasse toe nou iets werd was op skool.
Die is basies van die ander kant af daar is nog 'n skuifdeur daar ook, sal die dek so maak dat dit aan daai kant ook is. 
Dis nie 'n vreeslike groot erf nie, maar dit sal maar moet doen. Ons gaan instant lawn insit voor ons intrek en voor Delmay kom.
Foto van die straat af. Dit is in 'n nuwe area en al die huise in die gebied is onder 2 jaar oud en dit is nie snaaks hier om huise van 'n 100 jaar oud te sien nie. Daai huise is natuurlik glad nie so warm soos die nuwes nie, en hier is hitte maar 'n duur en skaars ding in die winter.

No comments:
Post a Comment