Ek het die wedstryd gaan kyk saam met virende van ons. Dit het $75 gekos maar dit was darem lekker gewees. En die All black het gewen, alhoewel ek tog gedink het dat Aus nie sover moes verloor het nie. Maar ek reken hulle het dit toe nou gister op die Springbokke uitgehaal... Arme siele!
Die Haka. Hulle het die haka nou ook verander, nou nie dat ek die verskil sal weet nie.
Ek selfs die volkslied saam gesing, wel die 2de gedeelte, die eerste is in Maori, maar dit is maar net 'n vertaalde weergawe van die Engelse een (of so se hulle, ek is nou nog nie so goed met die Maori nie).
OK, ek ken nie die spelers nie (het nie skottel gehad in SA nie, het ook nie hier nie).
Nou ja ek weet nie op julle al ooit so baie mense met swart KLERE aangesien het nie, maar ek reken dit wys seker maar vir wie hulle skreeu. Ek het self my swart mussie en serp omgehad wat Christa nog vir my gegee het om die die koue uit te hou. Die NZers boo nogal maklik die ander span uit, maar dis nie asof hulle dit ongeskik bedoel nie, maar eerder om die ander span af te sit. Maar dis definitied erger hier as in SA.
Volgende naweek speel die bokke nou teen NZ in Wellington, sou nogal wou sien maar aan die anderkant weet ek nie of dit so goeie investment is as ek kyk hoe hulle teen Australie gespeel het nie. Die NZers sien SA nie regtig as so goeie span nie, hulle worry heelwat meer oor die Australiers.
Sunday, July 16, 2006
Southern Alps vanaf Port Hills
Huis op Google Earth
Die tyd toe die foto's geneem is was die huis nog nie gebou nie maar die merker op die foto wys min of meer waar die erf is.
Net so bo ons erf is Bottle Lake Forest park, dit is basies 'n groen area waar niemand mag bou nie. Daar is klomp bergfiets paaie en staproetes in die plantasies, en dit is alles oop vir die publiek. Ons is ook so 3 km weg van die see, hulle se dit is nie so lekker om teenaan die see hier te bly nie, blykbaar is die suidooste wind baie erg en koud, so is redelik beskerm. Noord is na bo in die foto's so die huis kry redelik lekker son. Dit het darem ook double glaze vensters, dit is basies 2 lae glas met vakuum or argon (ek dink) gas tussen in wat die hitte lekker binne hou. Dit het ook 'n gas kaggel in.
Huis
Hier is die huis wat ons toe nou gekoop het. Dis 'n vier slaapkamer huisie met 2 badkamers en dubbel garage. Die huis is nuut gebou en ons moet nou nog tuin klaar maak. Die erf is maar nie baie groot nie. Maar darem genoeg dat mens 'n brak kan aanhou. Ek moet nou hoeka die heining voor die huis opsit en dan kan ek ook die before en after ding doen.
Ons is van plan om 'n dek hier by die skuifdeur in te sit. Sal nog sien om my houtwerk klasse toe nou iets werd was op skool.
Die is basies van die ander kant af daar is nog 'n skuifdeur daar ook, sal die dek so maak dat dit aan daai kant ook is.
Dis nie 'n vreeslike groot erf nie, maar dit sal maar moet doen. Ons gaan instant lawn insit voor ons intrek en voor Delmay kom.
Foto van die straat af. Dit is in 'n nuwe area en al die huise in die gebied is onder 2 jaar oud en dit is nie snaaks hier om huise van 'n 100 jaar oud te sien nie. Daai huise is natuurlik glad nie so warm soos die nuwes nie, en hier is hitte maar 'n duur en skaars ding in die winter.

Subscribe to:
Posts (Atom)