Saturday, September 04, 2010

Aardbewing in Christchurch!


Vanoggend 4h30 was daar 'n aardbewing so 40km buite CHCH. Ons hele huis het geskud vir so 45 sec. Ons het eers gedink dis 'n sterk wind, maar toe die hele huis begin skud toe weet ons. Dit was so 7.1 op die Richterskaal. Een van die grootstes die laaste 100 jr.

Hierdie is foto's van die middestad. Ons kon nie eintlik tot in die middestad kom nie van dit was toegemaak.


Hierdie pad is so 500m van ons huis af en orals oor die stad lyk dit so. So nogal lank vat voor alles weer reg is. Ons was tot 13h00 toe sonder krag en water, nogal amazing hoe vinnig hulle dit begin regmaak het want die skade is baie erg.

Posted by Picasa

No comments: