Monday, February 16, 2009
Oppad na Broughton Lodge
Hierdie was by Picton. Dit is plek waar die fairy tussen die noord en die suid eiland vertrek. Dit lyk omtrent asof die fairy die selfde groote as Picton is.
Daar gaan maar nie veel aan by Picton nie. Ek dink as dit nie was vir die fairy nie sal die plekkie maar nie veel ontwikkel het nie.
Die Marborough Sounds is nogal regtig mooi. Die definisie van 'n "sound" is apparently 'n berg wat direk in die see in gaan. Ek is van die Vrystaat so ken nie van see of berge nie. Dit raak ook nogal vinnig redelik baie diep.
Blenheim is eintlik nader (en groter) aan Wellington as Picton maar ek dink nie die groot skepe gaan so maklik daarby uitkom nie, so ek reken dis hoekom hulle eerder Picton gebruik
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment