Delmay in aksie. Net ore en pote
Die huis waarin ons gebly het.
Ons het nogal 'n redelike groot kersete gehad - Wel basies die hele dag geeet.
Monday, February 16, 2009
Broughton Lodge 2
Sommer 'n paar foto's binne loopafstand.
Nogal heel eienaardag - die water lyk soos 'n meer maar dit is see water.
Ons het darem nog so bietjie spark...
Broughton Lodge
One het saam met Bryan & Mindy en Shiobon & Dave 'n huis gehuur vir 4 aande oor Kersfees. Die huis was seker so 150m vanaf die water.
Die honde was ook saam maar hulle mag net buite gebly het.
Dit is nou nie regtig die plek vir 'n "swem" vakansie nie, maar eerder stap en roei. Aangesien ons nou nie eintlik 'n kayak het nie het ons toe nou maar gestap.
Oppad na Broughton Lodge
Hierdie was by Picton. Dit is plek waar die fairy tussen die noord en die suid eiland vertrek. Dit lyk omtrent asof die fairy die selfde groote as Picton is.
Daar gaan maar nie veel aan by Picton nie. Ek dink as dit nie was vir die fairy nie sal die plekkie maar nie veel ontwikkel het nie.
Die Marborough Sounds is nogal regtig mooi. Die definisie van 'n "sound" is apparently 'n berg wat direk in die see in gaan. Ek is van die Vrystaat so ken nie van see of berge nie. Dit raak ook nogal vinnig redelik baie diep.
Blenheim is eintlik nader (en groter) aan Wellington as Picton maar ek dink nie die groot skepe gaan so maklik daarby uitkom nie, so ek reken dis hoekom hulle eerder Picton gebruik
Kayak op die Avon
Ons het vir Shioban se verjaardag gaan rooi op die Avon rivier. Dit was nou nie die beste weer nie, maar nogsteeds baie lekker.
Natuurlik moes ek al weer al die werk doen.... Ons het darem nie te nat geword nie.
Shiobon is heel link in die foto hier bo.
Moet se die koffie aan die einde was baie lekker want dit was maar effe koud.
Natuurlik moes ek al weer al die werk doen.... Ons het darem nie te nat geword nie.
Shiobon is heel link in die foto hier bo.
Moet se die koffie aan die einde was baie lekker want dit was maar effe koud.
Besoekers
Daar is so paar eende in ons straat wat so bietjie kom water soek het.
Dit was redelik droog in Desember so hulle het maar so sproeier to sproeier getrek.
Dit was redelik droog in Desember so hulle het maar so sproeier to sproeier getrek.
Subscribe to:
Posts (Atom)