Sunday, August 24, 2008

mooie memories van pa

Pa, hulle't vir my die roos gekoop toe ek terug gekom het van jou begrafnis. Ek was bly toe die begin blom het. Die was einde laas jaar geneem, maar daar is al weer 'n paar nuwe knoppies op. Nuwe lewe is oppad na die winter se dood. dis amper 'n jaar na jy weg is. 11.09.2007
julle trip hier na ons toe. ons was in die canterburry museum. Pa het lekker fiets gery.
ons was ook queenstown toe. Pa se arms het soos 'n vliegtuig se vlerke geprei. ons het nie bungi gejump nie, dalk moes ons!
die laaste maal saam pa op die strand, elke keer as daar sulke dik seewiere uitspoel dink ek aan daai keer en verlang ek na die stap. die stap in die lande, die stap met die honde. Ek stap nog elke dag in die bos met hulle. Maar ek verlang na Pa.
Posted by Picasa

Tribute to Dad

jy kon
so lekker lag, so, soos net 'n stoute plaas seun kon,
jy kon ook lekker oupa speel,
daar is nou al nog 'n kleinkind by; ek kan my verbeel hoe jy ook met haar sou speel en lag, ons mis jou jonkheid wat die kleintjies so goed in jou kon uitbring.
Posted by Picasa
Die was die "before" foto. Porters heights is so uur en 'n half van Christchurch af.
OP OP op met die magic carpet.
Siobhan en ekke, ski-susters. lekker man.
Posted by Picasa

Al le die berge nog so wit!


'n day trippie om die vars sneeu te gaan kyk.

ski les nommer 1: moenie die ski's laat kruis nie, hou 'n gap oop aan die voorkant van die wedge."oeps die wedge is gone"
Ai, Gerrit is al aan die onderkant van die berg, besig om te stop met die alternatiewe metode. ek is nog bo.
Take 2: die wedge bly oop voor en dit gaan baie beter.
Posted by Picasa

there and back again

Gerrit by die scott monument in Edinburgh. Ons was vir 'n naweek in Junie daar en toe weer terug Bristol toe waar Gerrit moes werk.

Daar was ander monumente en interressante plekke ook te sien.

Terug by die
huis het die winterweer my terug verwelkom.
Posted by Picasa