Monday, July 30, 2007

nog hondjie en bome

Die was 'n rukkie terug- in herfstyd geneem.
Kahlua pap sop nat!
Posted by Picasa

honde mannewales


Tucker het kom kuier.

toe speel hulle lekker "val-vir-delmay-aan"


mooi view van wintersonsondergang- vanaf ons dek geneem
kahlua staan stil vir die wassery
Posted by Picasa

RUGBY!! saam met anner SAFFA'S

Mariette, Hannes en ek- proudly SAFF-AFRIKAN (of so iets)- oppad na Jade Stadium vir die bokke/allblack game. Hulle't vir ons lekker fleece tops met 'n bokkie op gebring- die dat ek so wil flash vir die camera!

Daar was darem nog so paar anner groenes in die omtrek.


Hierso dink ons nog hul het 'n kans.
Posted by Picasa

agiligy kampioentjie!




Delmay het derde gekom met ons "eksamen" en is nou in die "intermediate" klas. Nie eers in die
disabled kategorie nie, maar saam met die "able-bodied dogs".
Posted by Picasa

Friday, May 11, 2007

'n Sedige spulletjie! "n mooi raam vir 'n familie portret. Die aftergrond is "real" soos jul kan sien. Ons het vreeslike lekker sonnige dae gehad.
Hier is ek by die ingang van 'n ou myn, hulle't so biejtie goud hier gekry, maar het vinnig opgehou. Dit was maar net deel van die gold rush.
Die natter weer in die bos het gesorg vir 'n feetjie-tuin vol sampioene en goeters...

Nog 'n prentjie mooi ene, met my mooie man op die voorgrond!
Posted by Picasa

sights oppad en verby Queenstown

Hierdie is oppad na Glenorchy waar ons 'n ent gaan stap het. Die meer is vreeslik wyd en lank.

Pragtige herfskleure van 'n wingerd. Ons het een van vele cappucino's gedrink oppad, by elke tweede afdraaipaadjie stilgehou...
So ou kerkie aan die kant van 'n meer oppad.

Mount Cook is weer agter wolke, maar dis steeds 'n mooi view. Die een is Meer Pukaki.
Posted by Picasa

Pa De Beer-hulle se kuier

Net na die jet lag sleep ons pa-hul toe rugby toe. Geskarf en gemus teen die koue. Darem het die reen opgehou voor die game. die Crusaders was net so teleurstellend soos die foto hieronder- het niemand geslaughter nie, in teen deel ver verloor!!

Gerrit smile 'n biejtie oppad na Queenstown by 'n klein dorpie. Al die bome se blare is mooi gekleurd en gaan al amper afval.

Die pieke het al bietjie sneeu op. Die is naby lake Tekapu (Tiekapoe) of Pukaki (Poekakie) geneem (kan nie onthou watter een nie). Dis lekker op toer in New Zealand! Kom nou julle ander, kom kuier ook vir ons, voor New Zealand oud word... :-)


Posted by Picasa

honde en tyd

Kahlua het al tanne gewissel en haar haasbekkie is nou weer vol nuwe tandjies...
Delmay kry bietjie koud, so ons het vir haar so 'n tipe jassie gemaak.


Lekker le hul in die herfs-sonnetjie en bak, Kahlua het haar eie warm kombersie.

Posted by Picasa

Friday, April 27, 2007

New Brighton Pier

Die was geduurende die World Buskers Festival. Daar was nie eintlik baie interressante kunstenaars nie toe neem ons maar onsself af.




Hier is ons eie protea. Hier is 'n kwekery wat dit verkoop. Aard glo nogal goed hier. Sal sien of dit hou as dit weer sneeu.


Taylor's mistake

Die is Sumner vanaf die port hills. Ons het daar gebly toe ons hier aangekom het.



Die is ons...


Nog 'n paar immigrante se meubels oppad...



Die is by Taylor's Mistake. Daai voetpaadjie is die enigste paadjie na die ou se huis. Reken dit is so 500m na 1Km vanaf die naaste pad. Daar is nog huis verder af na regs.

Kahlua

Ons het nou 'n maatjie vir Delmay gekry, 'n groot poodle. Hier was sy 8 weke oud. Dink dit was die eerste aand wat ons haar gaan haal het.



Baie vinnig maatjies geraak.



Almal het gedink sy lyk baie groot... Maar nou ja as sy nat is kan mens sien hoe groot (of klein) sy eintlik is.

Castle Hill


Die was net so endjie van die cave stream af gewees en ons was daar op dieselfde dag gewees.

Ek gedeeltes van Lord of rings is hier gemaak.

Nogal redelik hoog, en die is die enigste rotse in die omgewing wat so lyk.